Lekkereet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekkereet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek❀️GunstelingπŸ“My ResepteπŸ›’InkopielysieπŸ“…Maaltydplanner
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou Resepβš™οΈInstellings
Reseptaal

Soetlemoenmarmelade

Elna Powell, nuwe Kook en Geniet bl. 217
β˜…β˜…β˜…β˜…β˜…πŸ«™ Bottel en BΓͺre

Bestanddele

2
suurlemoene
6
lemoene
625 ml
koue water per 250 ml gesnyde vrugte
250 ml
koue water vir pitte
suiker na smaak

Metode

1

Was die vrugte deeglik.

2

Skil die vrugte dun af en hou die skille eenkant.

3

Verwyder alle wit gedeeltes (die wit murg) en gooi dit weg β€” dit maak die konfyt bitter.

4

Sny die skille en vrugte baie fyn met 'n Stanley mes.

5

Verwyder die pitte en hou dit eenkant.

6

Week die pitte apart in 250 ml koue water.

7

Meet die gesnyde vrugte en voeg 625 ml (2Β½ koppie) koue water by vir elke 250 ml vrugte.

8

Laat die vrugte oornag week en voeg dan die water waarin die pitte geweek het by.

9

Kook die mengsel tot die stukkies vrugte sag is.

10

Doen die pektientoets en voltooi die kookproses soos beskryf by die algemene metode op bl. 214.

Graderings
Gee 'n telling: