Suur Gepiekelde Uitjies
Suksesvolle resep! Het April 2008 10 kg uitjies by die Huisvroumark gekoop @ R50. Resep ontvang ±1978.
Bestanddele
Metode
Plaas uitjies in koue water terwyl geskil word sodat oë nie so brand nie.
Prik uitjies met 'n vurk of mielievurk.
Maak 'n oplossing van die sout en kookwater in 'n groot erde- of vlekvrye staal kastrol.
Roer eers tot die sout heeltemal opgelos is.
Voeg die uitjies by die soutoplossing, plaas die deksel op en laat vir 2½ uur daarin lê.
Dreineer die uie en spoel af met skoon koue water.
Verhit die asyn, suiker en 'n paar swartpeperkorrels saam in 'n kastrol tot dit kook.
Voeg die uitjies by die asynmengsel en laat 'n paar minute kook.
Moenie te lank kook nie — die sous word bruin.
Vul gesteriliseerde bottels tot oorlopens toe met die warm mengsel.
Verwyder lugborrels met 'n skoon mes.
Verseël die bottels dadelik.
Indien byvoorbeeld 6 kg ingelê word: Maak soutoplossing van 4½ k sout en 6 liter kookwater MAAR maak asynmengsel 3x enkel aan aangesien mengsel later troebel en bruinerig word indien dubbel of meer gelyk aangemaak word! LW: 1 pint = 500 ml; 1 kwart = 1 liter = ou glas melkbottel. Slaphakskeentjies - Wenresepte II.