Reseptaal
Tamatie- en Brandrissiekonfyt
Vallery via Veronica Kern
★★★★★🫙 Bottel en Bêre
Bestanddele
1.2 kg≈ 1200 g
Huletts witsuiker1.2 kg≈ 1200 g
ryp pruimtamaties, in die lengte deurgesny2-6 middelslag brandrissies, ontpit en in skyfies gesny
2
Granny Smith appels, geskil en geraspersap van 1 suurlemoen
Metode
1
Plaas al die bestanddele in 'n groot bak en laat vir 20 minute staan.
2
Gooi die mengsel in 'n groot kastrol en verhit stadig terwyl jy roer tot die suiker heeltemal opgelos is.
3
Prut stadig tot die mengsel die dikte van konfyt bereik, terwyl jy af en toe roer.
4
Skep die skuim wat vorm af terwyl dit prut.
5
Doen die riffeltoets om te bevestig dat die konfyt gereed is.
6
Skep die konfyt in gesteriliseerde flesse en verseël onmiddellik.
✨ Tienie Sê
Lewer 3 - 4 mediumgrootte flesse. Kooktyd ± 50 minute.
Graderings
Gee 'n telling: