Reseptaal
Vinnige Slaaisous
Ous (uit Ma se ou resepte, by een van haar susters gekry)
★★★★★🫙 Souse
Uit Ma se ou resepte, by een van haar susters gekry - Ous.
Bestanddele
¾ koppie≈ 188 ml
kondensmelk2
eiergele1 eetlepel≈ 15 ml
botter, gesmelt½ koppie≈ 125 ml
asynsout en peper na smaak
mosterd na smaak
Metode
1
Gooi kondensmelk, sout, peper en mosterd in 'n diep mengbak.
2
Klits die eiergele in 'n koppie en voeg die gesmelte botter geleidelik by terwyl geroer word.
3
Voeg die eiergeel-bottermengsel by die kondensmelkmengsel en klits baie goed.
4
Voeg die asyn by — die mengsel sal verdik.
5
Klits alles nou baie goed saam.
6
Verseël in 'n fles en bewaar in die yskas.
✨ Tienie Sê
LW: Asyn, sout, peper en mosterd kan na smaak byvoeg word. Heerlik met aartappelslaai, koolslaai, ertjies, boontjies en selfs op toebroodjies met vleis.
Graderings
Gee 'n telling: