π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Reseptaal
Vinnige Souttert
Landbouweekblad 31-10-2003
Bestanddele
250 g
bacon stukkies1
ui, gekerf1 blikkie
Sunkist sampioenskyfiesvarsgemaalde swartpeper
2 koppieβ 500 ml
(200 g) gerasperde Cheddarkaas2
ekstra groot eiers (of 3 medium)1 koppieβ 250 ml
melk (250 ml)50 ml
bruismeelMetode
1
Braai die bacon stukkies, gesnyde ui en sampioenskyfies saam in 'n pan.
2
Voeg varsgemaalde swartpeper by en soteer liggies.
3
Skep die mengsel op die bodem van 'n gesmeerde vuurvaste bakskottel (grootte van 'n tertbord).
4
Strooi die gerasperde Cheddarkaas eweredig oor die mengsel.
5
Klits die eiers, melk en bruismeel saam tot 'n gladde beslag.
6
Giet die eiermengsel oor die kaas en vulsel.
7
Bak ongeveer 30 minute by 180 Β°C tot gestol en goudbruin.
β¨ Tienie SΓͺ
Ideaal vir ontbyt. Opsioneel: Voeg stukkies ingelegde pynappel by uiemengsel. Vervang bacon met vienna-wieletjies. Bedien met roosterbrood en tamatiesous vir ontbyt.
Graderings
Gee 'n telling: