Reseptaal
Vlasous in Mikrogolf
★★★★★🫙 Souse
Bestanddele
1 liter
melkDun vla: 2 eetlepels vlapoeier
Dun vla: 3 eetlepels suiker
Dun vla: knippie sout
Dun vla: ¾ koppie koue melk
Dik vla: ½ maatkoppie vlapoeier
Dik vla: ¾ koppie suiker
Dik vla: knippie sout
Dik vla: ¾ koppie koue melk
Metode
1
Gebruik 'n diep Pyrex glasbak.
2
Gooi 1 liter melk in die glasbak en kook vir 10 minute op High in die mikrogolf.
3
Roer elke 2 minute (4 keer in totaal), veral op die bodem van die bak.
4
Vir dun vla: Meng 2 eetlepels vlapoeier, 3 eetlepels suiker, 'n knippie sout en ¾ koppie koue melk saam, en roer dit dan by die warm melk in.
5
Vir dik vla: Meng ½ maatkoppie vlapoeier, ¾ koppie suiker, 'n knippie sout en ¾ koppie koue melk saam, en roer dit dan by die warm melk in.
Graderings
Gee 'n telling: