Lekker Eet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekker Eet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek❀️GunstelingπŸ“My ResepteπŸ›’InkopielysieπŸ“…Weekplanner
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou Resepβš™οΈInstellings

πŸ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Aartappelgereg

Ronel de Beer

Ideaal vir 'n Brunch, braaivleis of op pap en vleis.

πŸ‘€ Ronel de BeerπŸŽ‰ BraaiπŸŽ‰ Brunch

Bestanddele

5-6 aartappels
1 teelepelβ‰ˆ 5 ml
sout
gemaalde swartpeper na smaak
1
ui
250 g
streaky bacon
groen soetrissierepies na smaak
2
klein geskilde tamaties, in skywe gesny
1 blikkie
geroomde sampioene
200 ml
Ultra Mel Room (of suurroom)
gerasperde kaas na smaak

Metode

1

Kook 5–6 aartappels in skil tot net sag in soutwater. Moenie die skil verwyder nie.

2

Sny die aartappels in skywe en strooi gemaalde swartpeper oor.

3

Braai 1 ui en 250 g streaky bacon saam in 'n pan. Voeg opsioneel groen soetrissierepies by.

4

Voeg 2 klein geskilde tamaties in skywe gesny by en maak net halfgaar.

5

Voeg 1 blikkie geroomde sampioene, 200 ml Ultra Mel Room (of suurroom) en gemaalde swartpeper by en roer saam.

6

Pak 'n laag aartappels in 'n oondvaste bak en gooi sous oor. Herhaal die lae.

7

Strooi gerasperde kaas bo-oor en bak 20–30 minute by 180 Β°C tot goudbruin. (LW: Alles is reeds gaar β€” jy verhit slegs deur.)

✨ Tienie SΓͺ

"Geroomde Sampioene" kan vervang word met: Maak 'n pasta van 2 t maizena met 'n bietjie melk. Voeg by. Roer 1 k melk by indien nodig.

Graderings
Gee 'n telling: