π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Aartappelgereg
Bestanddele
Metode
Kook 5-6 aartappels in skil tot net sag in soutwater met 1 teelepel sout.
Ontvel en sny in skywe.
Strooi gemaalde swartpeper oor.
Sous: Braai 1 ui en 250 g Streaky Bacon saam. Voeg opsioneel groen soetrissierepies by.
Voeg 2 klein geskilde tamaties, in skywe gesny, by en maak net halfgaar.
Voeg 1 blikkie geroomde sampioene, 200 ml Ultra Mel Room of suurroom en gemaalde swartpeper by en roer saam.
Pak 'n laag aartappelskywe in 'n oondvaste bak, gooi sous oor. Herhaal die lae.
Strooi gerasperde kaas bo-oor en bak 20β30 minute by 180 Β°C tot goudbruin.
Ideaal vir 'n Brunch, braaivleis of op pap en vleis. 'Geroomde Sampioene' kan vervang word met: Maak 'n pasta van 2 t maizena met 'n bietjie melk. Voeg by. Roer 1 k melk by indien nodig.