Lekker Eet
🥗
Voorgeregte
🍞
Sop
🍖
Vleis
🐟
Vis
🥦
Groente
🍰
Soet
🫓
Bak
🫙
Preserves
🔥
Braai
💡
Wenke
Lekker Eet
Geïnspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠Tuis🔍Soek❤️Gunsteling📝My Resepte🛒Inkopielysie📅Weekplanner
INHOUD
🥗Voorgeregte & Happies🍞Sop & Brood🍖Vleis & Pluimvee🐟Vis & Seekos🥦Groente & Slaaie🍰Soet & Nagereg🫓Bak & Koeke🫙Preserves & Bottels🔥Braai & Grootmaat💡Wenke & Boererate
📝 Stuur Jou Resep⚙️Instellings

🔑 Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Aspersietert

Marie Kruger, Friena Maritz

Marié se kors, my eie witsous en Colleen se vulsel. Vgl. Colleen van Staden Aspersietert in "Spyse uit Paleise" bl. 3.

Bestanddele

250 ml
koekmeel
500 g
gerasperde kaas
1
knippie rooipeper
125 g
margerien
460 g
geblikte aspersies, gesnipper
170 g
Cheddar kaas, gerasper
100 ml
gebraaide broodkrummels
25 ml
koekmeel
sout en peper na smaak
25 ml
margerien
375 ml
aspersiewater
Mixed Herbs na smaak

Metode

1

Kors: Meng die koekmeel, gerasperde kaas, rooipeper en margerien saam tot 'n krummelkors.

2

Druk ¾ van die krummelkors in drie tertborde vas.

3

Hou ¼ van die kors apart om later oor die vulsel te strooi.

4

Vulsel en witsous: Vul die aspersiewater aan met melk indien nodig om genoeg vloeistof te hê.

5

Maak 'n witsous deur die margerien te smelt, die koekmeel by te voeg en die aspersiewater geleidelik in te roer tot glad en dik.

6

Geur met sout, peper en Mixed Herbs indien verkies.

7

Gooi die helfte van die witsous in die tertdoppe.

8

Verdeel die gesnipperde aspersies en gerasperde Cheddar kaas oor die witsous in die tertdoppe.

9

Bedek met die res van die witsous en strooi die gebraaide broodkrummels oor.

10

Strooi die gereserveerde ¼ kors oor die vulsel.

11

Bak 20 minute by 180 °C tot goudbruin en gaar.

✨ Tienie Sê

Marié se kors, my eie witsous en Colleen se vulsel. Vergelyk Colleen van Staden Aspersietert in "Spyse uit Paleise" bl. 3.

Graderings
Gee 'n telling: