π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Kaas en Uie Quiche (Kaas en Uietert)
Bestanddele
Metode
Kook 500 ml melk vir 5 minute in 'n 1-liter glas maatbeker in die mikrogolfoond op High.
Maak 3 eetlepels Maizena aan met 'n bietjie koue water en voeg dit by die warm melk.
Mikrogolf vir 2 minute op Medium. Roer deeglik.
Mikrogolf weer vir 2 minute op Medium (50% krag) totdat die sous dik is.
Voeg 1 teelepel sout, 2 eetlepels margarien en peper by die witsous. Laat afkoel.
Klop 4 eiers en 3 eetlepels koekmeel goed saam met 'n elektriese klitser.
Roer die eiermengsel by die afgekoelde witsous in en klits weer goed.
Voeg 2 eetlepels fyngekapte vars pietersielie, 2 eetlepels fyn gerasperde uie en 2 koppies gerasperde kaas by en roer deur.
Gooi die mengsel in 'n gesmeerde, groot ronde tertbord.
Strooi 'n klein bietjie rooipeper oor indien verkies.
Bak Β±30β35 minute by 180Β°C tot gestol en ligbruin. Bedien warm.
Gebruik 'n groot, ronde tertbord. Bedien saam met dun kaasworsies (Cheese Grillers) vir ontbyt of as 'n ligte middag/aandete, saam met 'n slaai.