π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Reseptaal
Korslose Melktert
Tan Baby Pretorius, Nuwe Kook & Geniet bl. 153
Bestanddele
45 ml
(3 eetlepels) botter, gesmelt3
eiers, geskei250 ml
(1 koppie) suiker250 ml
(1 koppie) koekmeel5 ml
(1 teelepel) bakpoeier1 ml
(ΒΌ teelepel) sout5 ml
(1 teelepel) vanieljegeursel1 liter
(4 koppies) melkkaneelsuiker
Metode
1
Voorverhit die oond tot 190 Β°C.
2
Klits botter, eiergele en suiker goed saam.
3
Sif meel, bakpoeier en sout saam en voeg by die bottermengsel.
4
Roer eers een koppie melk en vanielje by en meng goed.
5
Voeg die res van die melk by en meng.
6
Vou styfgeklitste eierwitte in die mengsel.
7
Skep in 'n diep gesmeerde tertbord en strooi kaneelsuiker bo-oor.
8
Steek dadelik in die oond en bak vir 40 minute, of tot gestol, op die middelste oondrak.
9
Verminder hitte na 25 minute tot 160 Β°C β anders vorm die kors 'n taai 'sool'!
Graderings
Gee 'n telling: