π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Reseptaal
Korslose Melktert
Huisgenoot
Bestanddele
30 ml
gesmelte botter190 ml
suiker4
eiers, geskei250 ml
koekmeel5 ml
bakpoeier3 ml
sout1 liter
melk5 ml
vanillakaneel en strooisuiker na smaak
Metode
1
Klits die botter, suiker en eiergeel goed saam.
2
Sif die droΓ« bestanddele (koekmeel, bakpoeier en sout) saam en roer om die beurt met die melk en vanilla by die suikermengsel.
3
Klop die eierwit styf en vou dit versigtig by die mengsel in.
4
Gooi die mengsel in twee gesmeerde tertbakke.
5
Bak sowat 1 uur lank by 160 Β°C tot gaar.
6
Meng kaneel en strooisuiker saam en strooi oor die terte wanneer hulle koud is.
Graderings
Gee 'n telling: