Lekker Eet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekker Eet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek❀️GunstelingπŸ“My ResepteπŸ›’InkopielysieπŸ“…Weekplanner
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou Resepβš™οΈInstellings

πŸ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Beespens

Tienie

Bestanddele

1
beespens (verkieslik nog half-warm)
2–3 eetlepels gebluste kalk
water
sout
suurlemoenpeper
1
takkie pietersielie
3 teelepelβ‰ˆ 15 ml
kerriepoeier
1 eetlepelβ‰ˆ 15 ml
masala (gelyk)
1 eetlepelβ‰ˆ 15 ml
asyn
1 teelepelβ‰ˆ 5 ml
borrie (tumeric)
knippie knippieβ‰ˆ β‰ˆ 1 g
gemmer
uie (na smaak)
2
lourierblare
5
kruienaeltjies
klein aartappeltjies (na smaak)
2 eetlepelβ‰ˆ 30 ml
koekmeel
1 teelepelβ‰ˆ 5 ml
suiker
gaar skaapskenkels en -lies (na smaak)

Metode

1

Gebruik verkieslik 'n pens wat nog half-warm is.

2

Plaas die pens in 'n plastiese emmer en bedek met water.

3

Voeg 2–3 eetlepels gebluste kalk by en week vir Β±3 ure of oornag β€” maar nie te lank nie, anders word die pens slymerig.

4

Krap die pens skoon met 'n mes en sny slordige randjies af.

5

Hang op om winddroog te word β€” nie te lank nie, anders verkleur die pens na bruin.

6

Sny die pens in stukkies. Vries in kleiner houers (bv. 1 kg margerien-bakke) of kook dadelik.

7

Stoom die penstukkies vir 5 minute in 'n stoompot. Gooi die water af en spoel die pens af.

8

Stoom weer vir Β±35 minute saam met sout, suurlemoenpeper, 'n takkie pietersielie, kerriepoeier, masala, asyn, borrie, gemmer, uie, lourierblare en kruienaeltjies.

9

Verwyder die deksel.

10

Haal die lourierblare en kruienaeltjies uit.

11

Voeg die klein aartappeltjies by en kook tot net sag.

12

Maak 'n pasta van 2 eetlepels koekmeel en 1 teelepel suiker. Voeg by die pot om die sous te verdik.

13

Meng die gaar pens en aartappeltjies met die gaar skaapskenkels en -lies. Sit voor.

✨ Tienie SΓͺ

Lekker met stampmielies, piesangskyfies en blatjang. Moenie beesvleis bysit om meer te maak nie; sous lyk vuil. Een groot stuk gevriesde stuk vleis neem lank om te ontdooi en te begin kook.

Graderings
Gee 'n telling: