Lekker Eet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekker Eet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek❀️GunstelingπŸ“My ResepteπŸ›’InkopielysieπŸ“…Weekplanner
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou Resepβš™οΈInstellings

πŸ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Bobotie

Beeld, 17 Augustus 1989 - Tienie

Bestanddele

1
dik sny witbrood
250 ml
melk (vir eiermengsel)
125 ml
melk (om brood in te week)
2
uie, fyngekap
1 teelepelβ‰ˆ 5 ml
crushed garlic
30 ml
botter of olie
25–30 ml kerriepoeier
sout en peper na smaak
sap van 1 suurlemoen
15 ml
appelkooskonfyt
60 ml
pitlose rosyne
5 ml
borrie
1 kgβ‰ˆ 1000 g
maalvleis
2
eiers

Metode

1

Roerbraai maalvleis, sout en peper tot gaar.

2

Week die brood in 125 ml melk tot sag, druk liggies uit en maak fyn met 'n vurk.

3

Smelt botter in swaarboompot en braai uie en knoffel tot sag.

4

Voeg kerriepoeier by en braai nog 2 minute.

5

Voeg die res van die bestanddele behalwe melk en eiers by.

6

Laat die mengsel liggies bruin braai en gooi in gesmeerde, oondvaste bak.

7

Bak die bobotie 20 minute by 180 Β°C.

8

Klits die eiers en die oorblywende 250 ml melk saam en gooi bo-oor.

9

Laat nog 20 minute bak, of totdat die vla bo-op gaar is.

10

Bedien met geelrys, piesangslaai en blatjang.

✨ Tienie SΓͺ

Gebruik skaapvleis of rooibok gemaal met varkvet/skaapstert. 1 kg vleis = 2 bakke - vries een.

Graderings
Gee 'n telling: