🔑 Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Beskuit
Bestanddele
Metode
Vryf margerien in meel, suiker en sout tot 'n krummelrige mengsel.
Gooi die ontbytvoedsel (bv. Nutzy Crunch, Nutty Nola of Honey Crunch) by die droë mengsel.
Meng die eiers en karringmelk/dikmelk saam, en voeg by die droë bestanddele.
Maak aan tot 'n hanteerbare deeg — moenie te veel vloeistof byvoeg nie.
Rol die deeg in lang worsies tussen die handpalms.
Pak 8 beskuite in een glaspan, dwars in gesmeerde panne.
Bak ongeveer 20 minute tot ligbruin by 180°C op die 4e rakkie van onder af — nie langer nie.
Maak los met 'n vurk (2 steke) en gooi uit die pan.
Bak die beskuit uit (droog) in die oond tot heeltemal droog.
LET WEL: Indien margerien nog hard is, rasper grof oor droë bestanddele. Indien margerien nog gevries is sal deeg aanvanklik melerig lyk. Moenie vloeistof byvoeg nie, bewerk deeg net 'n bietjie. Beskuit in gerookte glaspanne gebak is donkerder. Beskuit in Stainless Steel panne gebak, bly bleek. Kyk na vervaldatum van ontbytvoedsel voor aankoop. Joëy Nortjé bak altyd haar beskuit met egte botter; glo margerien word te gou galsterig.