π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Boerbeskuit
Bestanddele
Metode
Vorige aand: Kook melk, suiker en margerien saam. Laat afkoel.
Maak suurdeeg aan met die lou water en die persgis koekies.
Klits die eiers en voeg by die suurdeegmengsel.
Roer die suurdeegmengsel by die afgekoelde melkmengsel.
Klits 5 koppies meel in die mengsel vir suurdeeg.
Maak die insuursel in 'n groot skottel of plastiese emmer om te verhoed dat dit oor die kante rys.
3 uur die oggend: Knie die deeg af en voeg die res van die meel by. KNIE!
5 uur die oggend: Knie die deeg weer af indien nodig.
Verdeel die deeg in 4 panne wat in die oond pas. Vorm bolletjies en laat rys tot panhoogte.
Bak in 'n oond van 140 Β°C vir 1 uur op die middelste rakkie.
Bak die beskuit uit by 'n lae temperatuur tot droog. Moenie in 'n lou-oond uitbak nie.
Annetjie het beproef. Rys deurgaans dieselfde, nie soos resep met 30 k meel en kitsgis nie. 20 k meel net gemaklik om te knie. LET WEL: Moenie in lou-oond uitbak nie. 10 g kitsgis = 25 g koekie persgis = 2 t droΓ« gis. Nat beskuit kan met sukses gevries word. Gebruik diep panne; beskuit rys dan hoog. Suurdeeg moet vars wees. Vervaldatum Β± eers oor 12 maande. Meel moet ook baie vars wees anders rys deeg moeilik of gladnie. Donker panne brand beskuit maklik aan. Ook donker bakplate vir koekies bak. Ook tydens die uitbakproses van beskuit, bv. die oondpan! Adeline glo nie aan Wooden Spoon, wel Stork Bake margerien. Annetjie verdeel deeg in aantal panne bv. vier. Indien deeg nog moeilik hanteerbaar, verdeel weer elke stuk in twee. Rol 'n lang wors met beide hande. Sny/knip/knyp bolletjies af. Adeline smeer pan eers met margarien/varkvet en spuit dan met Spray & Cook.