π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Boerbeskuit
Bestanddele
Metode
Meng die suurdeeg met 'n bietjie lou water en los op.
Smelt die botter en voeg by die louwarm melk saam met die suiker. Laat afkoel.
Voeg die geklitste eiers by die melkmengsel.
Voeg die nat mengsel by die koekmeel en meng goed.
Voeg die suurdeeg by en knie die deeg goed deur.
Laat die deeg rys totdat dit verdubbel het in grootte.
Knie die deeg af en laat dit 'n tweede keer rys.
Vorm die beskuit en plaas in gesmeerde panne.
Bedek die buitekante en bokant van die panne met foelie om te verhoed dat dit te bruin bak.
Bak vir 30 minute teen 180 Β°C, verlaag dan die temperatuur en bak 'n verdere 20 minute teen 160 Β°C.
Droog die beskuit uit in 'n lae oond (ongeveer 100 Β°C) tot heeltemal droog en bros.
Koop 1 kg persgis by Spar. Deel in 6 dele. Vries apart. Gebruik 1 deel vir 12 k meel. Ook vir brood en pizza-korse. Indien anysbeskuit wil maak, voeg 'n hele pakkie anys by meel. Maak panne se buitekante en bo toe met foelie om nie te bruin te bak nie.