Boerbeskuit
Bestanddele
Metode
Gebruik 'n groot aluminium kastrol.
Sny die margerien in blokkies en smelt oor matige hitte (stoofplaat op 3 of 4).
Voeg die melk by sodra die margerien gesmelt is.
Voeg die suiker by en roer met 'n houtlepel tot gesmelt.
Die mengsel moet net warm wees β nie kook nie.
Voeg die sout by. Gooi die mengsel in 'n groot knieskottel en laat afkoel tot lou.
Voeg die goedgeklitste eiers by die lou mengsel in.
Sif die koekmeel by en voeg die kitsgis by. Meng goed.
Knie die deeg goed deur met varkvet β dit is die geheim!
Maak die deeg toe met 'n gesmeerde plastieksak, 'n tafellap en 'n ligte kombers. Laat rys.
Smeer 4 ekstra groot panne met margerien of varkvet.
Maak die beskuit op en smeer ook gesmelte margerien of varkvet tussen die rye (10 x 4 rye per pan).
Laat die beskuit rys tot gelyk met die panne β in die son indien nodig.
Bak by 140 Β°C op die middelste rakkie vir 1 uur.
Moenie die oonddeur tydens bak oopmaak nie, anders val die middel plat.
Bak verkieslik net 1β2 panne op 'n slag.
Breek die beskuit versigtig oop en pak netjies in die panne.
Bak oornag uit by 80 Β°C vir ongeveer 8 uur.
Sit 'n vurk in die oonddeur of laat dit op 'n skrefie oop sodat vog kan ontsnap.
LW 20 k meel = 3 groot handgemaakte panne; 30 k meel = 4 groot. Meel moet kamertemperatuur wees; in die warm Bosveld bewaar ons dit in die vrieskas. Knie in skottel (gemaklik) laat rys in plastiese emmer (hoog). Annetjie het beproef. Rys deurgaans dieselfde, nie soos resep met 30 k meel en kitsgis nie. 20 k meel net gemaklik om te knie. BESKUIT UITBAK In my Defy 750 thermofan op 100 Β°C! Nie 80 Β°C nie.