Lekkereet
🥗
Voorgeregte
🍞
Sop
🍖
Vleis
🐟
Vis
🥦
Groente
🍰
Soet
🫓
Bak
🫙
Preserves
🔥
Braai
💡
Wenke
Lekkereet
Geïnspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠Tuis🔍Soek❤️Gunsteling📝My Resepte🛒Inkopielysie📅Maaltydplanner
INHOUD
🥗Voorgeregte & Happies🍞Sop & Brood🍖Vleis & Pluimvee🐟Vis & Seekos🥦Groente & Slaaie🍰Soet & Nagereg🫓Bak & Koeke🫙Preserves & Bottels🔥Braai & Grootmaat💡Wenke & Boererate
📝 Stuur Jou Resep⚙️Instellings
Reseptaal

Gebakte Pampoen

Huisgenoot Wenresepte 24 Sept. 1987
🥦 Groentegeregte

Bestanddele

1.5-2 kg ryp boerpampoen of botterskorsies
250 g
botter of margarien
250 ml
witsuiker
1
eier
625 ml
koekmeel, ongesif afgemeet
10 ml
bakpoeier
knippie knippie≈ 1 g
sout
500 ml
melk
125 g
botter of margarien (stroop)
250 ml
heuning of gouestroop

Metode

1

Skil, ontpit en sny die pampoen in stukke.

2

Kook dit gewoonweg net tot sag en dreineer.

3

Moenie dit fynmaak nie.

4

Skep die gaar pampoenstukke in 'n oondvaste bak van 35 x 23 x 5 cm.

5

Voorverhit die oond tot 180 °C.

6

Verroom die smeer en suiker. Voeg die eier by en klop goed.

7

Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam.

8

Roer dit beurtelings met die melk by die eiermengsel — die beslag lyk geskif.

9

Giet die beslag oor die gaar pampoen. Bak 40 minute of tot gaar en goudbruin.

10

Stroop: Verhit die botter en stroop tot gesmelt.

11

Giet dit oor die pampoen net ná dit uit die oond gehaal is.

12

Laat dit 'n rukkie staan sodat die stroop die beslag goed kan deurweek.

13

Sny die pampoen in vierkante en sit dit warm voor.

✨ Tienie Sê

Lewer 16 ruim porsies. Die resep kan gehalveer word, maar gebruik steeds een eier.

Graderings
Gee 'n telling: