Lekker Eet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekker Eet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek❀️GunstelingπŸ“My ResepteπŸ›’InkopielysieπŸ“…Weekplanner
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou Resepβš™οΈInstellings

πŸ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Gepiekelde Kerrievis

Bestanddele

1 kgβ‰ˆ 1000 g
stokvis
koekmeel
olie of vet vir bak
sout en peper
3 koppieβ‰ˆ 750 ml
asyn
1
groot ui, fyngesnyd
2
lourierblare
1 teelepelβ‰ˆ 5 ml
peperkorrels
1 eetlepelβ‰ˆ 15 ml
meelblom
1 eetlepelβ‰ˆ 15 ml
kerriepoeier

Metode

1

Maak 1 kg stokvis goed skoon en sny dit in geskikte stukke reg om te bedien.

2

Rol die visstukke in koekmeel en braai in baie warm olie of vet totdat dit gaar en goudbruin is.

3

Geur met sout en peper.

4

Terwyl die vis bak, sit 3 koppies asyn in 'n pot en verhit.

5

Voeg 1 groot fyngesnyde ui, 2 lourierblare en 1 teelepel peperkorrels by en kook stadig totdat die ui sag is.

6

Meng 1 eetlepel meelblom en 1 eetlepel kerriepoeier met 'n bietjie asyn en voeg dit by die uie-mengsel.

7

Kook vir 'n paar minute.

8

Pak die warm vis in 'n erde- of glaskom en gooi die warm kerriesous daaroor.

9

Laat staan om af te koel, maak toe en sit in die koelkas. Bedien koud.

✨ Tienie SΓͺ

Hierdie vis sal lank hou as dit in verseΓ«lde bottels gehou word.

Graderings
Gee 'n telling: