π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Reseptaal
Gereg vir Aandete
Uitgesoekte Resepte bl. 207
Bestanddele
2 eetlepelβ 30 ml
botter2 koppieβ 500 ml
witsous1
dessertlepel kerriepoeier2 koppieβ 500 ml
gaar rys1 koppieβ 250 ml
broodkrummels1
dessertlepel suurlemoensap1 eetlepelβ 15 ml
gekapte uie2 koppieβ 500 ml
gemaalde koue gaar vleis of stukkies gesnysout en peper na smaak
Metode
1
Smelt 1 eetlepel botter en voeg die gemaalde vleis by.
2
Gooi die witsous, sout, peper, kerriepoeier en die suurlemoensap by en meng goed.
3
Sit nou die gekookte rys en vleismengsel beurtelings in lae in 'n vuurvaste bakskottel.
4
Smelt die ander eetlepel botter in 'n pan en braai die uie daarin.
5
Voeg die broodkrummels by die uie en roer goed deurmekaar.
6
Gooi die broodkrummel-mengsel bo-op die gereg in die bakskottel.
7
Bak in 'n matige oond totdat dit goed warm is en die broodkrummels 'n ligte bruin kleur het.
Graderings
Gee 'n telling: