Kaas-en-Uie Quiche (Kaastert)
Gebruik 'n groot, ronde tertbord. Bedien saam met dun kaasworsies vir ontbyt of 'n ligte ete, saam met 'n slaai.
Bestanddele
Metode
Kook 500 ml melk vir 5 minute in die mikrogolfoond op High.
Maak 3 eetlepels Maizena aan met 'n bietjie koue water en voeg dit by die warm melk in.
Mikrogolf vir 2 minute op Medium. Roer deur.
Mikrogolf weer vir 2 minute op Medium (of 50% krag) tot 'n gladde witsous vorm.
Voeg 1 teelepel sout, 2 eetlepels margarien en peper by die witsous. Laat afkoel.
Klop 4 eiers en 3 eetlepels koekmeel goed saam met 'n elektriese klitser.
Roer die eiermengsel by die afgekoelde witsous in en klits weer goed deur.
Voeg 2 eetlepels fyngekapte vars pietersielie, 2 eetlepels fyn gerasperde uie en 2 koppies gerasperde kaas by en roer deur.
Gooi die mengsel in 'n gesmeerde bak (groot, ronde tertbord).
Strooi 'n klein bietjie rooipeper oor indien verkies.
Bak ongeveer 30β35 minute by 180Β°C tot gestol en ligbruin. Bedien warm.
Kors vir kaastert (opsioneel): 3 k koekmeel, 1 k margerien, 1 k room. Meng en druk vas in 2 x 25 cm tertborde. Vries 1. Bak in rou kors, 170 Β°C, 40 min.