Lasagne
Bestanddele
Metode
Kaassous: Smelt botter in 'n kastrol en roer die meel by.
Voeg die melk stadig by en roer aanhoudend met 'n houtlepel tot die sous dik en gaar is.
Geur met sout, peper, Aromat en mosterdpoeier. Verwyder van die plaat.
Voeg die gerasperde Cheddar, crushed garlic en suiker by. Hou warm.
Maalvleismengsel: Braai die ui, soetrissie en knoffel in die olie tot deurskynend.
Voeg die maalvleis en spekvleis by en braai tot bruin en krummelrig.
Voeg sout, gemaalde swartpeper, oreganum, tamatiepasta en tamaties by. Prut tot die tamaties sag is.
Voeg die rooi wyn by (indien gebruik) en kook nog 10 minute.
Smeer 'n reghoekige of vierkantige vuurvaste bak. Plaas 'n laag lasagne-velle op die bodem.
Bedek met 'n laag van die vleismengsel, gevolg deur 'n laag kaassous.
Herhaal die lae tot alles op is.
Eindig met 'n laag kaassous. Strooi gerasperde kaas, Aromat en fyngekapte pietersielie oor.
Bak 20β30 minute teen 180 Β°C op die middelste rakkie totdat die noedels gaar is. Toets voor opdien.