Groenboontjie Tert
Bestanddele
Metode
Stoom 500 g gekerfde groenboontjies tot sag. Gebruik min vloeistof.
Braai-stowe 2 uie of selotte tot sag en deurskynend.
Dreineer boontjies in vergiettes. Meng uie en boontjies saam.
Klits 2-3 eiers en 1 opgehoopte eetlepel koekmeel saam.
Voeg peper en mosterdpoeier na smaak by (sout is in soppoeier).
Hou eenkant.
Meng 1 pakkie wit uiesoppoeier en 250 ml suurroom.
Voeg 1 houertjie (250 g) maaskaas by.
Voeg hierdie mengsel by die eiermengsel.
Meng die suurroom-eiermengsel met die groenboontjie-mengsel.
Bespuit 'n groot, plat Pyrexbak met Spray & Cook. Gooi die mengsel in die bak.
Strooi grofgerasperde Cheddar kaas oor.
Bak 25–30 minute by 180 °C op die middelste oondrak.
Vergelyk Wenresepte 3, bl. 31 - Spinasietert. Vries goed vir 1 week. Bak vir afwisseling in muffinpan. Vars room kan met suurlemoensap suur gemaak word.