Lekkereet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekkereet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek❀️GunstelingπŸ“My ResepteπŸ›’InkopielysieπŸ“…Maaltydplanner
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou Resepβš™οΈInstellings
Reseptaal

Hoender Stir Fry

Johlene
β˜…β˜…β˜…β˜…β˜…πŸ– Vleisgeregte

Bestanddele

1
groot ui, gesny
2 eetlepelβ‰ˆ 30 ml
margerien
500 g
hoenderborsvleis, in dun repies, geen vel
Sout en peper na smaak
1 sak
McCains Stir Fry Groente Hawain
2 teelepelβ‰ˆ 10 ml
crushed garlic
1
soetrissie, in repies
Β½ teelepelβ‰ˆ 3 ml
borrie
1 teelepelβ‰ˆ 5 ml
kerriepoeier
2 eetlepelβ‰ˆ 30 ml
heuning of appelkooskonfyt
1 eetlepelβ‰ˆ 15 ml
asyn
1 eetlepelβ‰ˆ 15 ml
bruinsuiker
Β½ teelepelβ‰ˆ 3 ml
gemmer
ΒΌ teelepelβ‰ˆ 1 ml
kaneel
1 eetlepelβ‰ˆ 15 ml
chutney
1
hoenderblokkie opgelos in 1Β½ koppie warm water
1–2 teelepels maizena

Metode

1

Braai-stowe in elektriese braaipan of braaipan op gasbrander buite op stoep.

2

Braai uie in margerien. Skep uit en hou eenkant.

3

Braai in dieselfde pan hoenderborsvleis in dun repies (geen vel).

4

Strooi sout en peper oor en roerbraai tot feitlik gaar.

5

Skep uie terug in die pan.

6

Dreineer intussen McCains Stir Fry Groente Hawain in 'n vergiettes. (Hoeveelheid groente hang af van die hoeveelheid vleis.)

7

Voeg groente, crushed garlic en soetrissie by die hoendermengsel.

8

Aangesien dit geneig is om water te trek, stel die hitte hoΓ«r.

9

Maak 'n sousie van borrie, kerriepoeier, heuning/appelkooskonfyt, bietjie asyn, bruinsuiker, gemmer, kaneel, chutney en 1 hoenderblokkie opgelos in 1Β½ koppie warm water.

10

Gooi 1 koppie van die sous oor die mengsel en laat kook vir Β± 8–10 minute.

11

Proe aan groente β€” dit moet nie te pap kook nie.

12

Meng die res van die sous met 1–2 teelepels maizena en voeg by om die sous te verdik.

13

Prut vir so 5 minute.

14

Die sous moet 'n soet-suur smaak hΓͺ.

15

Bedien met rys.

✨ Tienie SΓͺ

Vars groente bv. wortel, groenbone, sampioene, pynappel, knoffel, soetrissie is 'n goeie kombinasie. Plaas deksel op om gaar te stoom. Groente moet sag wees.

Graderings
Gee 'n telling: