Reseptaal
Karamel Butternut/Herbert of Patats
Tienie
★★★★★🥦 Groentegeregte
Bestanddele
2
groot butternuts, geskil, dwars in skywe gesnyknippie knippie≈ ≈ 1 g
sout500 ml
Ultra Mel room4 eetlepel≈ 60 ml
geelsuiker1 teelepel≈ 5 ml
kaneel of gemmerMetode
1
Voorverhit die oond tot 180°C.
2
Skil die butternuts en sny dwars in skywe (nie te dik nie).
3
Pak die butternut skywe onder in 'n ongesmeerde oondvaste glasbak van ± 25 x 25 cm.
4
Strooi 'n bietjie sout oor die skywe met die soutpot.
5
Gooi 500 ml Ultra Mel room eweredig oor die butternut.
6
Strooi geelsuiker en kaneel of gemmer grootliks oor.
7
Bak ± 1 uur sonder deksel op die middelste oondrak tot gestol en karameliseer.
8
Strooi 'n effe bietjie kaneel bo-oor voor opdiening.
✨ Tienie Sê
Onderste "kalbas-gedeeltes" kan vir "Gevulde Butternut-helftes" gevries word. Patats kan ook op hierdie manier gaargemaak word. Hester maak ook 'n pampoenrol met brandewyn in - rol deeg uit, skep pampoen in.
Graderings
Gee 'n telling: