Kerrie-Frikkadelle
BΓͺre in yskas (of vrieskas tot 2 weke voor Kersfees).
Bestanddele
Metode
Meng die maalvleis met gekakte uie, kerriepoeier, fyn naeltjies, borrie, gemengde speserye, gemmer, appelkooskonfyt na smaak, soet wyn, sout en peper, neut, fyn koljander, Oats, blatjang en eiers tot goed gekombineer.
Rol die mengsel in frikkadelle van gewenste grootte.
Maak die frikkadelle gaar (bak of braai) tot deuraar.
Vir die sous: Braai 12 groot gekapte uie in olie saam met suurlemoen, 12 naeltjies en 12 peperkorrels tot die uie sag is.
Laat lank kook.
Voeg by die sous: sout, Β½ bottel blatjang, 750 ml asyn, 2 eetlepels kerriepoeier, ΒΌ koppie suiker, 1 teelepel borrie en 4 eetlepels appelkooskonfyt.
Laat weer kook.
Gooi die warm sous oor die gaar frikkadelle.
BΓͺre in die yskas, of vries tot 2 weke voor Kersfees.