Koedoefillet
Bestanddele
Metode
Marinade: Meng al die marinade-bestanddele (ui, knoffel, lourierblare, naeltjies, wonderpeperkorrels, spek, pietersielie, tiemie, swartpeper, olie en droΓ« rooiwyn) saam.
Plaas die koedoefillet in 'n vlekvrye staal bak, gooi die marinade oor en marineer oornag of tot 1 week in die yskas.
Sous: Verwyder die vleis uit die marinade en hou eenkant.
Syg die marinadevloeistof deur 'n sif en hou die vloeistof apart.
Braai die vastestowwe wat in die sif agterbly in 3 eetlepels botter in 'n kastrol tot sag.
Voeg die gesifte marinadevloeistof terug in die kastrol.
Voeg die rosyne, sampioene, tamatiepasta en suiker by en prut tot die vloeistof met die helfte verminder het.
Voeg die sjerrie en room by en prut nog 5β10 minute. Hou die sous warm.
Vleis: Sny die filet in dun skywe en geur met sout, gemaalde swartpeper en knoffel indien verkies.
Verhit die sous en gooi in 'n souskom.
Bak die filetskywe kort voor ete vinnig in 'n baie warm pan wat liggies met olie gesmeer is.
Vlam die filetskywe met die brandewyn en bedien dadelik saam met stampkoring, kweperjellie en 'n glas goeie rooiwyn.