Lekker Eet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekker Eet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek❀️GunstelingπŸ“My ResepteπŸ›’InkopielysieπŸ“…Weekplanner
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou Resepβš™οΈInstellings

πŸ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Koeksisters

Tannie Rina vd Walt

Onverbeterlik!!!!! Lewer sowat 10 dosyn klein tot medium koeksisters.

Bestanddele

Stroop
8 koppieβ‰ˆ 2 l
suiker
6 koppieβ‰ˆ 1.5 l
water
1 teelepelβ‰ˆ 5 ml
kremetart
knippie knippieβ‰ˆ β‰ˆ 1 g
sout
Deeg
4 koppieβ‰ˆ 1 l
koekmeel
2 teelepelβ‰ˆ 10 ml
rondvol (nie hoogvol) bakpoeier
knippie knippieβ‰ˆ β‰ˆ 1 g
sout
2 teelepelβ‰ˆ 10 ml
botter/margerien
2
eiers
1Β½ koppieβ‰ˆ 375 ml
melk

Metode

1

Berei die stroop die vorige dag: Kook suiker en water vir 20 minute. Haal van die plaat af.

2

Voeg kremetart en sout by die stroop. BΓͺre in die vrieskas totdat dit yskoud is.

3

Vir die deeg: Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam in 'n groot bak.

4

Vryf die botter/margerien in die droΓ« bestanddele in.

5

Klits die eiers en melk saam en voeg by die droΓ« bestanddele. Meng goed.

6

Knie die deeg vir 15 minute of langer totdat dit glad en elasties is.

7

Laat die deeg 1 uur rus op die toonbank (nie in die yskas nie).

8

Keer 'n plastiese skotteltjie oor die deeg om dit toe te maak.

9

Smeer die werkoppervlak liggies met olie en smeer ook die koekroller liggies.

10

Sny 'n reep deeg uit die skottel en maak die res van die deeg weer toe.

11

Druk die reep effens plat met jou hande en rol baie liggies uit β€” nie te dun nie.

12

Die reep moet ongeveer 5 cm breed wees.

13

Sny strokies dwars van die reep af, soos snye brood.

14

Rek elke strokie effens uit, draai dit op (wen op) en twist dit. Druk die punte goed vas.

15

Verhit diepvet in 'n kastrol op stoofplaatvlak 6 (heeltyd).

16

Roer die koeksisters heeltyd in die warm olie terwyl hulle bak.

17

Skep die gebakte koeksisters uit met 'n oliesif (soos vir chips) wat in die kastrol of pot pas.

18

Dompel die warm koeksisters vinnig onder in die yyskoue stroop met 'n stamper.

19

Hou 'n paar sekondes daarin voor jy dit uithaal.

✨ Tienie SΓͺ

Geneig om pap te word indien te lank voor die tyd uitgepak word vir 'n funksie.

Graderings
Gee 'n telling: