Lekker Eet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekker Eet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek❀️GunstelingπŸ“My ResepteπŸ›’InkopielysieπŸ“…Weekplanner
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou Resepβš™οΈInstellings

πŸ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Sjokoladekoek (As nagereg vir Β± 40 persone)

Bestanddele

4
klein sjokoladekoeke (bordjie grootte)
vulsel van jou keuse na smaak
400 g
donker sjokolade (100 g per koek)
240 ml
room (60 ml per koek)
4
takkies kruisement (3 blaartjies per koek)
roomys vir bediening na smaak

Metode

1

Bak 4 sjokoladekoeke, elk die grootte van 'n klein bordjie, sodat jy in totaal 8 lae het.

2

Sorg dat die boonste lae effens hoogrond bo is. Plaas elke koek op 'n klein bordjie.

3

Smeer 'n vulsel van jou keuse tussen die lae van elke koek.

4

Maak die versiersel: smelt 1 plak (100 g) donker sjokolade saam met 60 ml room vir elke koek.

5

Verhit vir twee minute teen 50% krag in die mikrogolf, roer goed, en herhaal nog een of twee keer totdat die sjokolade lekker gesmelt is β€” moet nie vasbrand nie.

6

Smeer die sjokoladeversiersel vinnig oor die hele koek.

7

Plaas 'n takkie van 3 blaartjies kruisement bo in die middel van elke koek.

8

Bedien met roomys in nageregbakkies.

✨ Tienie SΓͺ

Bedien as nagereg vir ongeveer 40 persone.

Graderings
Gee 'n telling: