π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Sjokoladekoek (Christine en Sophia)
Resep is dubbel aangemaak om by die 15 cm hoΓ« koek op die foto's te kon uitkom!
Bestanddele
Metode
Skei die eiers en plaas die eierwitte in die yskas.
Sif die droΓ« bestanddele (koekmeel, bakpoeier, kakao en sout) vier maal saam.
Klits die eiergele en voeg die vanilla, kookolie en warm water by. Klits goed.
Voeg die droΓ« bestanddele geleidelik by die eiergeel-mengsel terwyl jy aanhoudend klits.
Klits die eierwitte styf en voeg dit by die mengsel terwyl jy voortdurend klits.
Bespuit twee koekpanne (22 cm deursnee, 6Β½ cm diep) met Spray en Cook, voer uit met waspapier en bespuit weer met Spray en Cook.
Verdeel die beslag gelyk tussen die twee koekpanne.
Bak presies 30 minute by 180 Β°C op die middelste oondrakkie.
Laat die koeke afkoel, sny dan elke laag horisontaal in twee sodat jy vier lae in totaal het.
Smeer gekookte kondensmelk tussen die lae en versier die koek na smaak.
Indien jy nie karamelkondensmelk het nie, kook gewone kondensmelk vir 40 min. in stoompot.