Lekkereet
🥗
Voorgeregte
🍞
Sop
🍖
Vleis
🐟
Vis
🥦
Groente
🍰
Soet
🫓
Bak
🫙
Preserves
🔥
Braai
💡
Wenke
Lekkereet
Geïnspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠Tuis🔍Soek❤️Gunsteling📝My Resepte🛒Inkopielysie📅Maaltydplanner
INHOUD
🥗Voorgeregte & Happies🍞Sop & Brood🍖Vleis & Pluimvee🐟Vis & Seekos🥦Groente & Slaaie🍰Soet & Nagereg🫓Bak & Koeke🫙Preserves & Bottels🔥Braai & Grootmaat💡Wenke & Boererate
📝 Stuur Jou Resep⚙️Instellings
Reseptaal

Koolgereg (Spinasietert-styl)

Wenresepte 3, bl.31 - Spinasietert
🥦 Groentegeregte

Bestanddele

500 g
kool, fyngekerf
2
uie of selotte
2-3 eiers
1 eetlepel15 ml
koekmeel, opgehoopte
peper en mosterdpoeier na smaak
1 pakkie
wit uiesoppoeier
250 ml
suurroom
250 g
maaskaas (Fyn, growwe of Spring Onion & Chives)
grofgerasperde Cheddarkaas na smaak
Spray & Cook na smaak

Metode

1

Kook 500 g fyngekerfde kool tot sag. Dreineer die kool goed in 'n vergiettes.

2

Braai-stoof 2 uie of selotte tot sag en deurskynend. Meng dan die uie en kool saam.

3

Klits 2-3 eiers en 1 opgehoopte eetlepel koekmeel saam.

4

Voeg peper en mosterdpoeier na smaak by (sout is in soppoeier).

5

Hou eenkant.

6

Meng 1 pakkie wit uiesoppoeier en 250 ml suurroom.

7

Voeg 1 houertjie (250 g) maaskaas by en meng met die eiermengsel.

8

Meng die suurroom-eiermengsel met die koolmengsel.

9

Bespuit 'n groot, plat Pyrexbak met Spray & Cook.

10

Gooi die mengsel in die bak en strooi grofgerasperde Cheddarkaas oor.

11

Bak 25-30 minute by 180°C op die middelste oondrak.

✨ Tienie Sê

Vries goed vir 1 week. Bak vir afwisseling in muffinpan. Vars room kan met suurlemoensap suur gemaak word.

Graderings
Gee 'n telling: