Reseptaal
Korslose Groentegereg (Souttert/Quiche)
★★★★★🥦 Groentegeregte
🎉 Braai
Bestanddele
75 ml
koekmeel7 ml
sout500 ml
melk5
groot eiers250 g
gaar bevrore gemengde groente (bv. SPAR Mixed Vegetables Frozen)125 ml
geblikte tamatie en uiesmoor of Spicy Chakalakavars gemaalde swartpeper na smaak
Metode
1
Voorverhit die oond tot 180 °C.
2
Bespuit 'n medium vuurvaste bak met Spray en Cook.
3
Klits saam: 75 ml koekmeel, 7 ml sout, 500 ml melk en 5 groot eiers.
4
Roer by: 250 g gaar bevrore gemengde groente en 125 ml geblikte tamatie en uiesmoor of Spicy Chakalaka.
5
Strooi vars gemaalde swartpeper oor.
6
Bak vir 30 minute of tot gestol.
✨ Tienie Sê
Bedien as 'n ete met slaai of as bykos by braaivleis of as aandete met geroosterde worsies.
Graderings
Gee 'n telling: