π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Reseptaal
Lettie se Kerrieboontjies/Kerriekool
Riamie
Bestanddele
2 kgβ 2000 g
groenboontjies of kool1 kgβ 1000 g
gekerfde uie4 koppieβ 1 l
asyn3Β½ koppieβ 875 ml
suiker1 eetlepelβ 15 ml
sout3 eetlepelβ 45 ml
matige kerriepoeier3 eetlepelβ 45 ml
maizenawit peper na smaak
borrie na smaak
Β½ koppieβ 125 ml
asynMetode
1
Kook die groenboontjies/kool en uie in 'n bietjie water tot gaar maar nog ferm β moet droog kook (nie sag nie).
2
Meng die 4 koppies asyn, suiker en sout en gooi by die boontjies/kool en uie. Laat vinnig kook.
3
Meng die kerriepoeier, maizena, peper, borrie en Β½ koppie asyn saam tot 'n gladde mengsel.
4
Gooi 'n bietjie van die warm asyn-mengsel by die kerriepasta en meng tot 'n gladde pasta.
5
Gooi die pasta by die boontjie-mengsel en laat goed kook. Pasop vir aanbrand.
6
Bottel warm in gesteriliseerde bottels.
Graderings
Gee 'n telling: