Reseptaal
Liplekker Hoender
Annetjie Bodenstein
β
β
β
β
β
π Vleisgeregte
Bestanddele
8
hoenderborsfilette, in repe gesny5 teelepelβ 25 ml
paprika, na smaakolie om in te braai
2
uie, in ringe gesny100 ml
water30 ml
suiker15β30 ml Worcestersous
50 ml
tamatiesous30 ml
tamatiepasta1
groen soetrissie, in repies gesnysout en peper na smaak
60 ml
blatjangMetode
1
Geur die hoenderborsfilette met sout, peper en paprika.
2
Braai die filette in verhitte olie tot goudbruin. Hou eenkant warm.
3
Soteer die uie en groen soetrissie in dieselfde pan tot sag.
4
Voeg die water, suiker, Worcestersous, tamatiesous, tamatiepasta en blatjang by en verhit tot kookpunt.
5
Roer gedurig.
6
Verlaag die hitte en prut tot 'n lekker dik sous.
7
Giet die sous oor die hoender en dien op saam met rys.
Graderings
Gee 'n telling: