Makaroni en Kaas (Mikrogolf)
Bestanddele
Metode
Plaas 250 g makaroni met genoeg water in die mikrogolfoond en kook vir 10 minute op High. Dreineer.
Maak die witsous: Kook 500 ml melk vir 5 minute in die mikrogolfoond op High.
Meng 3 eetlepels maizena en Β½ gelyk teelepel mosterdpoeier aan met 'n bietjie koue water en voeg dit by die warm melk.
Mikrogolf die melkmengsel vir 2 minute op Medium. Roer deeglik.
Mikrogolf weer vir 2 minute op Medium (50% krag).
Voeg 1 teelepel (gelyk) sout, 2 eetlepels margarien en peper by die sous. Laat effens afkoel.
Klits 2 eiers by die sous in. Voeg 1 eetlepel gerasperde ui en gekapte vars pietersielie by.
Wissel lae pasta en sous af in 'n oondvaste bak.
Strooi gerasperde Cheddar bo-oor en voeg 'n klein bietjie peri-peri by vir kleur en geur.
Warm left-overs volgende oggend op saam met worsies.