π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Makataankonfyt (Gekook 6 Augustus 2002)
Gekook op 6 Augustus 2002. LW: 2 kg vrugte per kleiner kastrol lewer 'n baie beter eindproduk as wanneer 6 kg per slag in 'n groot kastrol gekook word!
Bestanddele
Metode
Vleisgedeelte: Kook die pulp aanvanklik in 2 vlekvrye staal kastrolle redelik vinnig.
Skep die skuim gereeld af en pasop vir oorkook β smeer die rand van die kastrolle met margerien om oorkook te voorkom.
Na 1 uur se kook, gooi die inhoud van albei kastrolle saam in 1 kastrol.
Kook nog 1 uur totdat die konfyt lugblase vorm β dit is die teken dat dit gereed is.
Bottel die konfyt warm in ongeveer 4 Peanut-botteltjies.
Stukke: Skil en sny die makataan in stukke.
Gebruik die verhouding van 3 kg vrugte, 3 kg suiker + 1 kg ekstra, 6 liter water + 2 liter ekstra, 1 suurlemoen, heel gemmer en 'n knippie sout.
Volg die standaard makataankonfyt-metode: kook die stukke in die suikerstroop met suurlemoen en gemmer tot sag en deurskynend.
LW: Kook so spoedig moontlik na pluk, voor die makataan sponserig word.
25 Mei 2006: Weeg 20,24 kg. Grasgroen, nie vlekke op nie. Kraak as jy hom sny, nie sponserig. Wand = 7 cm breed. Vleisgedeelte min. Pitte gespikkeld. Lewer 8 heuningbotteltjies smeerkonfyt en 30 Mayonaissebottels vol stukke. LW: Kook SSM (so spoedig moontlik) na gepluk, voor makataan sponserig word.