π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Makataankonfyt (Stukke)
Verhouding van koppie tot vrug 20,24 kg op die skaal. Makataan nog aan die stam, ander soort makataan. Gedeelte tussen vleis en skil is 7 cm.
Bestanddele
Metode
Verwyder die sagte vleisagtige deel vir die smeerkonfyt en hou eenkant.
Sny die makataan in repe, verwyder die groen skil en prik alkante met 'n vurk of 'tool' waarmee groenmielies geΓ«et word.
Sny in stukke en weeg dit.
Week die stukke oornag in kalkwater (3,5 liter water en 12,5 ml kalk vir 2 kg stukke).
Gooi die water af en spoel die stukke goed af met koue water. Weeg in een kilogramme.
Kook die stukke eers vooraf in kokende water vir Β± 15 minute, of tot die stukke helder is.
Sit stukke een vir een in sodat die water nie ophou kook nie.
Smeer die kastrol se rand met margerien sodat dit nie oorkook nie.
Roer af en toe en dreineer deeglik.
Maak 'n stroop van 500 g suiker en 1 liter water vir elke 500 g stukke.
Roer tot al die suiker opgelos is en kook vir 1 minuut.
Sit die vrugte geleidelik in die stroop β die stroop moenie ophou kook nie.
Moenie te veel vrugte op 'n slag insit nie, aangesien die stroop baie minder word.
Vir 'n 5-liter kastrol: begin met 'n stroop van 1 kg suiker en 2 liter water en voeg 1 kg stukke by.
Voeg die sap van 1 suurlemoen vir elke 2 kg stukke by, asook 'n knippie sout en 'n paar stukke gekneusde gemmerwortel.
Gebruik 500 g suiker en 1 liter water ekstra vir elke 1,5 kg stukke om te voorkom dat die stroop te min word.
Voeg deurentyd van die ekstra stroop by soos benodig.
Laat matig vinnig kook tot die stukke sag en deurskynend is (1 β 2 uur).
Verwyder die gemmer en skep skuim deurentyd af.
Pak warm konfytstukke in skoon, droΓ« bottels en vul met kokende stroop tot oorlopens toe.
VerseΓ«l die bottels onmiddellik.
Voorbeeld: 6 kg stukke = 12 x 500 g; 6 kg suiker = 12 x 500 g; 12 liter water. Verdeel in 4 x 5 liter vlekvrye staalpotte. Per pot: 1Β½ kg suiker en 3 liter water, sit 1Β½ kg vrugte in. Vir 6 kg stukke gebruik 1 boksie van 50 g gebluste kalk. Plus: 4 x 500 g (2 kg) suiker en 4 liter water ekstra. Lewer 14 x Β± 750 g mayonaisse bottels. LW: 2 kg vrugte per kleiner kastrol lewer 'n baie beter eindproduk as wanneer 6 kg per slag in 'n groot kastrol gekook word!