π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Marakkas
Die oumense het marakkas, pampoen en makatan gedroog. Sny repe en weer 'n lang sny in om dwars oor 'n draad op te hang. Kry drie soorte marakkas: Pa Stoffel sΓͺ die gele is die beste, dan die witte wat soos 'n kalbas lyk en die lang skurwe eβ¦
Bestanddele
Metode
Skil die marakkas, spoel af en sny in skywe (nie te klein nie).
Plaas die marakka-skywe in 'n pot met net die water wat na die afspoeling daaraan bly.
Voeg 'n eetlepel botter, 'n knippie sout en 'n eetlepel suiker by.
Braai-stowe redelik vinnig sodat dit nie te pap word deur te 'kook' nie.
Braai tot amper tameletjie. Sommige mense maak dit fyn.
Geur na smaak met sout tydens kook.
Indien wil blansjeer, sny alle pitgedeeltes uit want dit word grys-swart. LW blansjeer beteken nie kook nie, net in kokende water vir 3 minute en dan weer in koue water vir 3 minute. Indien in kastrol verder gaarmaak: Pasop vir aanbrand. Hou deksel op.