π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Reseptaal
Maroela Bier
Vallery (Lekker vir Later, bl. 163)
Bestanddele
1 liter
ryp maroelas10 liter
lou water1,6 kgβ 1000 g
wit suiker150 g
hanepootrosyne10 g
aktiewe droΓ« gis10 ml
kremetart10 ml
wynsteensuurMetode
1
Sny 'n kruis in elke maroela en kneus liggies.
2
Voeg die louwater en suiker by en roer tot al die suiker volledig opgelos is.
3
Voeg die hanepootrosyne, aktiewe droΓ« gis, kremetart en wynsteensuur by.
4
Giet die mengsel in 'n plastiese emmer met 'n deksel en laat 24 uur gis.
5
Syg die mengsel deur en giet die filtraat in gesteriliseerde bottels β moenie te vol maak nie.
6
Plaas 2β3 rosyne in elke bottel en draai die proppe lossies op.
7
Laat die bier 'n dag of twee by kamertemperatuur gis voordat dit in die koelkas bewaar word.
Graderings
Gee 'n telling: