π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Maroelastroop vir Koeldrank
Bestanddele
Metode
Gebruik ryp maroelas. Sny 'n skyfie bo-af en druk die pit uit.
Vryf die sap uit die skil uit.
Vryf die sap van die pitte af met jou hande β stresballetjie se moses!
Kyk vir wurmpies en syg die sap deur kaasdoek.
Meng al die bestanddele saam.
Verhit stadig tot kookpunt en kook dan 5 minute vinnig.
Gebruik drie gesteriliseerde bottels (750 ml elk).
Vul tot oorlopens toe en verseΓ«l terwyl warm.
Maak seker dat die bottels nie lek nie.
Om voor te sit: Verdun met yswater, limonade of sodawater.
Bewaar in die yskas na oopgemaak, of gooi in plastiese bottels om te vries.
Dieselfde basiese beginsels geld soos by die inlΓͺ van vrugte (preservering). 'n Vyfliter emmertjie maroelas lewer sowat 1 liter sap, onverdun.