Lekker Eet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekker Eet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek❀️GunstelingπŸ“My ResepteπŸ›’InkopielysieπŸ“…Weekplanner
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou Resepβš™οΈInstellings

πŸ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Maroela Bier

Vallery (Lekker vir Later?)

Bestanddele

1 liter
ryp maroelas
10 liter
lou water
1,6 kgβ‰ˆ 1000 g
wit suiker
150 g
hanepoot rosyne
10 g
aktiewe droΓ« gis (kits)
10 ml
kremetart
10 ml
wynsteensuur

Metode

1

Sny 'n kruis in elke maroela en kneus liggies.

2

Voeg die louwater en suiker by en roer tot al die suiker opgelos is.

3

Voeg die res van die bestanddele (rosyne, gis, kremetart en wynsteensuur) by.

4

Giet die mengsel in 'n plastiese emmer met 'n deksel en laat 24 uur gis.

5

Syg die mengsel deur en giet die filtraat in gesteriliseerde bottels β€” moenie te vol maak nie.

6

Plaas 2–3 rosyne in elke bottel en draai die proppe lossies op.

7

Laat die bier 'n dag of twee by kamertemperatuur gis voordat dit in die koelkas bewaar word.

Graderings
Gee 'n telling: