Lekker Eet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekker Eet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek❀️GunstelingπŸ“My ResepteπŸ›’InkopielysieπŸ“…Weekplanner
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou Resepβš™οΈInstellings

πŸ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Maroelajellie

Annette Human (Lekker vir Later)

Bestanddele

groen harde maroelas wat pas van die boom geval het
water genoeg om maroelas net-net te bedek
200 g
wit suiker vir elke 250 ml filtraat

Metode

1

Gebruik groen, harde maroelas wat pas van die boom geval het.

2

Sny 'n kruis aan die onderkant van elke vruggie in, of maak 'n snytjie rondom die vruggie met 'n skerp mes.

3

Plaas die maroelas in 'n groot emaljekastrol en bedek dit net-net met water.

4

Kook dit sowat 'n uur lank totdat dit so sag is dat die doppe van die vruggies los raak; moenie dit pap kook nie en vul die vloeistof met kookwater aan namate dit wegkook.

5

Toets die pektieninhoud van die maroelavloeistof en kook dit nog 'n rukkie, indien nodig.

6

Verwyder die kastrol van die hitte en laat die maroelas in die toe kastrol afkoel tot koud.

7

Skep die vruggies met 'n dreineerspaan of gleuflepel uit en syg die vloeistof deur 'n sif wat met moeselien of kaasdoek uitgevoer is; moenie dit deurpers nie, want dan is die jellie troebel.

8

Sit die vruggies en doppe opsy vir maroelafynkonfyt, 'Skaap-oΓ«'-botter, -blatjang of -lekkers.

9

Vir die beste resultate kook 'n klein hoeveelheid jellie op 'n keer.

10

Voeg 200 g wit suiker by elke 250 ml filtraat.

11

Verhit dit stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is.

12

Syg die stroop deur en kook dit daarna 15–20 minute vinnig verder sonder 'n deksel en sonder om te roer totdat dit jel as 'n klein bietjie daarvan op 'n yskoue piering geskep word.

13

Bottel dit warm en verseΓ«l dit dadelik.

✨ Tienie SΓͺ

LW: 200 g suiker = 250 ml suiker.

Graderings
Gee 'n telling: