Lekker Eet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekker Eet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek❀️GunstelingπŸ“My ResepteπŸ›’InkopielysieπŸ“…Weekplanner
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou Resepβš™οΈInstellings

πŸ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Maroelajellie (Vallery)

Vallery

Bestanddele

maroelas genoeg om 'n groot kastrol te vul
water genoeg om maroelas heel te bedek
suiker gelyke dele tot filtraat (koppie vir koppie, of 200 g suiker vir 250 ml filtraat)
1 teelepelβ‰ˆ 5 ml
wynsteensuur (per pot)

Metode

1

Was die maroelas af en sny die punte af.

2

Sny in die rondte tot teen die pit, of sny 'n kruis bo-in elke maroela.

3

Gooi in 'n groot kastrol en bedek heel tot bo met water.

4

Bring tot kookpunt en kook vir Β½ tot 1 uur.

5

Verwyder van die stoof en laat heeltemal afkoel.

6

Volgende dag: Gooi die mengsel af deur 'n dubbel doek om die filtraat te verkry.

7

Doen 'n pektientoets met spiritus β€” die filtraat moet 'n klontjie vorm. (Hoe groener die maroelas, hoe hoΓ«r die pektien-inhoud en hoe makliker sal dit stol.)

8

Meet die filtraat en gebruik gelyke dele suiker: koppie vir koppie, of 200 g suiker vir elke 250 ml filtraat.

9

Verhit die filtraat en suiker saam en roer stadig tot die suiker heeltemal opgelos is.

10

Syg die mengsel weer deur.

11

Bring tot kookpunt β€” moenie verder roer nadat dit begin kook het nie.

12

Kook vinnig vir 15–20 minute, OF sodra dit opkook tot teen die deksel, haal dadelik van die stoof af.

13

Roer 1 teelepel wynsteensuur by vir die hele pot.

14

Bottel die jellie terwyl dit nog warm is.

15

Berei nou die pitte voor vir Skaap-oΓ« (afsonderlike resep).

✨ Tienie SΓͺ

LW: Moet pektientoets doen vir sukses.

Graderings
Gee 'n telling: