π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Marthie Kuhn se Gemmerbier
Onthou om 'n paar rosyne in gemmerbier agter te los β vanmelewe. Pa Stoffel sΓͺ dat gemmerbier moet gekook word anders is dit 'rou' en blaas jou op. Marthie glo dat die gas ontsnap uit die 2-liter plastiese bottels.
Bestanddele
Metode
Los die suurdeeg op in 'n bietjie lou water.
Meng al die bestanddele saam, behalwe die rosyne.
Gebruik so ses tot sewe 1,5 liter Coke glasbottels en gooi die mengsel daarin.
Sit ongeveer nege rosyne in elke bottel.
VerseΓ«l die bottels baie goed.
Laat staan vir ongeveer 24 tot 36 uur.
Kantel die bottels stadig en kyk of die rosyne begin beweeg β moenie skud nie!
Bewaar dadelik in die yskas sodra die rosyne beweeg.
Draai die bottels versigtig oop wanneer jy dit gebruik.
Geelsuiker bv. R12/kg, bruinsuiker R5,50/kg.