Lekker Eet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekker Eet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek❀️GunstelingπŸ“My ResepteπŸ›’InkopielysieπŸ“…Weekplanner
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou Resepβš™οΈInstellings

πŸ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Maroelastroop vir Koeldrank

Dieselfde basiese beginsels geld soos by die inlΓͺ van vrugte (preservering). Vryf sap van pitte af met jou hande β€” stresballetjie se moses!

Bestanddele

10 koppieβ‰ˆ 2.5 l
maroelamoes
3 koppieβ‰ˆ 750 ml
suiker
Β½ teelepelβ‰ˆ 3 ml
kremetart
ΒΌ teelepelβ‰ˆ 1 ml
sitroensuur
ΒΌ teelepelβ‰ˆ 1 ml
Engelse Sout

Metode

1

Gebruik ryp maroelas. Sny 'n skyfie bo af en druk die pit uit.

2

Vryf die sap uit die skil uit.

3

Vryf die sap van die pitte af met jou hande. Kyk vir wurmpies.

4

Syg die sap deur kaasdoek.

5

Meng al die bestanddele saam.

6

Verhit stadig tot kookpunt en kook dan 5 minute vinnig.

7

Gebruik drie gesteriliseerde bottels (750 ml elk). Vul tot oorlopens toe.

8

VerseΓ«l terwyl warm. Maak seker dat die bottels nie lek nie.

✨ Tienie SΓͺ

Om voor te sit: Verdun met yswater, limonade of sodawater. Bewaar in yskas na oopgemaak of gooi in plastiese bottels om te vries! 'n Vyfliter emmertjie vol maroelas lewer sowat 1 liter sap, onverdun.

Graderings
Gee 'n telling: