Melktert
Bestanddele
Metode
Korse (berei lank voor die tyd): Vryf 250 g margerien in 2¾ koppie koekmeel en 1 teelepel sout.
Strooi 3 teelepels bakpoeier oor die meelmengsel.
Klits 2 groot eiers en ¾ koppie suiker saam.
Voeg die eiermengsel by die meelmengsel en meng goed.
Smeer die deeg in ongesmeerde tertpanne en bak tot ligbruin.
Laat die korste goed afkoel en pak in houers tot benodig.
Vulsel: Sif die koekmeel, maizena, bakpoeier en sout saam en meng met ± 125 ml (250 ml) van die koue melk tot 'n dun pasta.
Verhit die oorblywende 3½ koppie (7 koppie) melk in 'n groot swaarboomkastrol.
Voeg margerien by en laat die melk kook, terwyl jy voortdurend roer om aanbrand te voorkom.
Roer 'n bietjie van die kookmelk by die pastamengsel en meng vinnig met 'n draadklopper.
Voeg die pastamengsel by die kookmelk in die kastrol en roer deurentyd tot die mengsel begin verdik.
Verwyder van die stoof.
Klits die eiers en suiker saam.
Roer 'n bietjie van die afgekoelde melkpap by die eiermengsel en roer die mengsel dan terug by die melkpap in die kastrol.
Voeg die vanilla geursel by en klits vinnig tot die mengsel gaar en matig styf is.
Skep die vulsel in die gaar tertkors en strooi kaneel oor.
Korse: Genoeg vir 12 - 14 x 9" foelie-panne (12 - 14 terte).