Lekkereet
🥗
Voorgeregte
🍞
Sop
🍖
Vleis
🐟
Vis
🥦
Groente
🍰
Soet
🫓
Bak
🫙
Preserves
🔥
Braai
💡
Wenke
Lekkereet
Geïnspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠Tuis🔍Soek❤️Gunsteling📝My Resepte🛒Inkopielysie📅Maaltydplanner
INHOUD
🥗Voorgeregte & Happies🍞Sop & Brood🍖Vleis & Pluimvee🐟Vis & Seekos🥦Groente & Slaaie🍰Soet & Nagereg🫓Bak & Koeke🫙Preserves & Bottels🔥Braai & Grootmaat💡Wenke & Boererate
📝 Stuur Jou Resep⚙️Instellings
Reseptaal

Melktert

Tienie
🥧 Terte

Bestanddele

Smeerkors
4 eetlepel60 ml
koekmeel
2 eetlepel30 ml
botter
1 teelepel5 ml
bakpoeier
knippie knippie≈ 1 g
sout
1
eier
3 eetlepel45 ml
suiker
Vulsel
1 liter
melk
4 eetlepel60 ml
koekmeel
1 eetlepel15 ml
maizena
knippie knippie≈ 1 g
sout
½ koppie125 ml
melk
6
eiers, geskei
koppie313 ml
suiker
1 teelepel5 ml
vanilla
kaneel na smaak

Metode

1

Smeerkors: Klits botter, suiker en eiers saam.

2

Sif die droë bestanddele (koekmeel, bakpoeier en sout) by en klits goed.

3

Smeer die deeg met die agterkant van 'n eetlepel in tertborde wat met Spray & Cook bespuit is.

4

Skakel die oond aan op 180 °C.

5

Vulsel: Kook die 1 liter melk in die mikrogolf vir 10 minute op hoog. Hou dop.

6

Maak intussen 'n pasta van die koekmeel, maizena, sout en ½ koppie melk.

7

Voeg die eiergele by en klits goed.

8

Gooi 'n bietjie van die kokende melk STADIG by die pasta terwyl laasgenoemde VINNIG geroer word om te verhinder dat die eiers skif.

9

Gooi die oorblywende melk in 'n aluminium kastrol en plaas op die stoofplaat om weer te kook.

10

Roer die mengsel by die kokende melk met behulp van 'n whisk.

11

Roer vinnig en verwyder van die stoof.

12

Voeg die suiker en vanilla by en roer. Vou die styfgeklitste eierwitte by.

13

Stel die stoofplaat op laag.

14

Plaas die mengsel terug op die stoof en prut 'n paar minute, terwyl jy gedurig roer om aanbrand te voorkom.

15

Skep die vulsel versigtig in die rou kors. Bak ± 30–45 minute op die middelste rakkie tot goudbruin.

16

Strooi kaneel oor voor opdiening.

✨ Tienie Sê

Lewer 2 diep tertborde.

Graderings
Gee 'n telling: