Lekker Eet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekker Eet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek❀️GunstelingπŸ“My ResepteπŸ›’InkopielysieπŸ“…Weekplanner
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou Resepβš™οΈInstellings

πŸ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Mieliepaptert

Landbouweekblad 30-03-2001
β˜…β˜…β˜…β˜…β˜…πŸš StyselπŸ”–Teken in om te stoor

Bestanddele

2 liter
water
750 ml
mieliemeel
10 ml
sout
kookolie om in te braai
250 g
swoerdlose ontbytspek
1
ui, in dun skywe gesny
250 g
vars sampioene, in skywe gesny
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
1 blikkie
(410 g) heel tamaties of vars tamaties, gekap
30 ml
suiker
30 ml
blatjang
15 ml
appelkooskonfyt
10 ml
mielieblom (maizena)
50 g
botter of margerien (vir kaassous)
60 ml
koekmeel (vir kaassous)
sout en rooipeper na smaak (vir kaassous)
375–500 ml melk (vir kaassous)
50 g
cheddarkaas, gerasper (vir kaassous)

Metode

1

Kook 1,5 liter van die water in 'n groot kastrol.

2

Meng die meel met die 500 ml koue water en voeg by die kokende water.

3

Roer goed sodat geen klonte vorm nie.

4

Verlaag die hitte en laat prut sowat 30–40 minute. Laat afkoel.

5

Vulsel: Verhit 'n bietjie olie in 'n pan en braai die spekvleis daarin. (As die bacon genoeg vet aan het, is die olie nie nodig nie.) Haal uit, dreineer op kombuispapier en hou eenkant.

6

Soteer die ui in dieselfde pan tot deurskynend en gaar.

7

Voeg olie by indien nodig.

8

Skep uit en hou by die spekvleis.

9

Soteer die sampioene in dieselfde pan en geur met sout en peper.

10

Voeg die tamaties by en geur met die suiker, blatjang en appelkooskonfyt. Verdik met mielieblom.

11

Voeg al die ander gaar bestanddele by en geur met ekstra sout en peper indien nodig.

12

Skep 'n laag pap in 'n tert- of pasteibak, gevolg deur 'n laag vulsel. (Die pap moet afgekoel wees voor die vulsel daarop geskep word.) Herhaal een keer.

13

Eindig met 'n laag pap.

14

Kaassous: Smelt die margerien/botter.

15

Roer die meel en geurmiddels by.

16

Roer die melk geleidelik by en laat kook tot dik en glad.

17

Kook nog 3 minute.

18

Verwyder van hitte en voeg die gerasperde kaas by. Roer tot gesmelt.

19

Skep die kaassous oor die paptert en bak sowat 45 minute tot goudbruin in 'n voorverhitte oond by 180 Β°C.

Graderings
Gee 'n telling: