Reseptaal
Mieliewafels met Joghurtsous
Braaitreffers, H. Joubert p 33
β
β
β
β
β
π₯¦ Groentegeregte
π Braai
Bestanddele
300 g
gaar mieliepitte, v.d. stronk afgesny150 ml
dik room150 ml
koekmeel, ongesif afgemeet1
ui, geskil en gekap4
eiers, geskei5 ml
sout1 ml
vars gemaalde swartpeper5 ml
vars of 2 ml gedroogde pietersielie200 ml
plain joghurt50 ml
mayonnaise50 ml
suur room20 ml
gesnipperde grasui3 ml
geurselsout1
knippie vars gemaalde swartpeper5 ml
suurlemoensapMetode
1
Maal die gaar mieliepitte grof.
2
Roer die room, koekmeel, ui, eiergele, sout, peper en pietersielie by die gemaalde mielies in.
3
Klits die eierwitte styf en vou dit saggies in die mieliemengsel in.
4
Meng al die bestanddele van die joghurtsous saam en verkoel tot gebruik.
5
Braai lepelsvol mieliemengsel in 'n wafel- of braaipan tot goudbruin.
6
Dreineer op kombuispapier en sit warm voor saam met die joghurtsous.
β¨ Tienie SΓͺ
Lewer 10 - 15 "wafels". Nie soos die wafelpan wat ek ken nie! Sien foto op bl. 18.
Graderings
Gee 'n telling: